U kennis van Mens, en oor diere,
u voorliefde, vir vrijheid, wijsheid,
u liefde vir Liefde, Skepper se Eie,
Skepper se Liefde vir Kaapstad,
suidstad, Goeie Hoop-, Vlak-stad,
metropolis, sentrum van energie,
van toeka af deur “Duiwelspiek”-
siek verrinneweer, erg opgefoeter
sonner sprake van medemenswees,
mede-Menslikheid, Gewete-wete,
deur duiwel gedoekoem, getoor,
ommie Bosch gelei, Lotto-kullery,
Kaapse Flets, een barak oppie anner,
gangstersparadys, oorlog innie straat,
voel Mens God’t Self lankal al verlaat
Moeder Eva, Mens hlopekha nog lelik,
g’n benul van, Visie, van Waarheid,
te vas, in submissiwiteit, tydsgreep,
in boosaardigheid, g’n behoefte, lus,
vir Gewete-Herwinning, Oorwinning,
Eva se kjend s’n, Lewe Twee-viering,
soos’t Mens betaam, mede-Menslik,
Mens-Waardig, ubuNtu in owervloed,
soos U, tóé, Moeder Eva, openbaar’t,
Afrikaans, post-Paradyslik, verklaar’t:
“Mens moet Gewete terugwen, eish,
anners gat Mens alles altyd verloor”
roei Mens Naaste met bomme uit,
sterf ander spesies ook, kollateraal,
versaak Mens selfs taal, voor sjatan,
sy “Duiwelspiek”-dissipel-VOC-idee,
voosvuis, illegitiem, poedelnakend,
leuens en bedrog, papsakpaparazzi,
als deur sjatansverleiding besoedel
word Mens, domnooslik pad-af gelei,
deur leiers wat vloere kruis, belowe,
g’n leier ooit so demokraties, reg,
ingetjoen op wil van meerderheid,
soos onkunde-ontkenningskenner,
superkapitaalverdelingstrydwenner,
staalfabriek se stamboom-sosialis,
nyweraar se bruin koevert-politiek,
sakelui se luier-as-luiste nageslag
betoog vir renosters terwyl hul taal,
Afrikaans, in isiXhosa, as “Boer s’n”,
“net ‘Boer’ s’n”, eksklusief, Oraniaans,
vir sekere “ras”-“klasse” gereserveer,
vir sekere sibbes, klanne, familias,
definitief nie virrie meerderheid,
heel meeste vannie meerderheid
tjoepstil innie raadsaal, wetfabriek,
innie eksklusiwiteit van rykheid,
ver weg vannie “klein kleingeld”,
sosio-saboterend soebatteerder,
Self tot slangkakvlak t’verneder
kanti, Mens mede-Mens, Naaste,
nie sosio-psigo-spiritueel versterk,
veg broer, suster, versus eie familia,
aaide, ampe, soos ‘n huismolesprotes,
een stam teen ‘n anne stam, kyk mooi,
Khan wil nu vir Kahn aan stukke blaas,
gee Kahn, sku, geld vir Amerika-baas,
geskiedenis, storie, histories verslaan
mede-menslikheid hoenertandig skaars,
selfs buurte word eiendomlik afgekamp,
ongereserveerdes deur wagte eenkant,
buite vreestronk, gevangenskap, gehou,
oorskry Mens onmenslikheidsgrens,
doof vir Naaste se innig doodswens,
fundamentalisties, fundamenteel,
Gewete deur sjatan uit Siel, Gees,
uit essensie van Mens, uitgesteel,
nes Mevrou Havgard uit Kaapstad,
uit Moederstad se Versoeningstorie,
inwerkingstelling van God se Teorie,
tot eer en verheerliking van Sapiens
amper Utopies, Gewete-vol, Homo,
lat God als so in Mens se hanne,
met ‘n bietjie Gewete-Herwinning,
bietjie baie Liefde, Geregtigheid,
weer van ‘bloeityd’ sou kon praat
post-Gondwanaïsties, post-Jena,
oftewel “Paradys” in “Boer se taal”,
“isiBhulu”, lees gerus jou Grondwet,
hoe staan jou taal bekend, in isiXhosa,
hoe word eie identiteit wreed verwurg,
verwring, verneder, retro-retrogressief
spoel haattsunami deur diesulkes,
gif van disrespek, wantroue,
disfunksioneel demokrasie,
nes VIGS-virus, muterend,
progressief, oordraagbaar,
selfmuteerbaar, GM-baar,
kloonbaar, tjoepstil, dood
meer, vir kleiner minderheid,
as groter meerderheid minder,
armoediglik-onnosel, afgestomp,
ongeletterd, ongeleerd, dwaas,
in een of anner detensie, tronk,
onkunde-ontkennend, mampara,
soos ‘n oorlogsugtige, paloeka,
mugu, altyd meer vyandskap,
geregtigheid strengelik vermy
minder vertroue, in aartsvyand,
koelbloedigheid, strydlustigheid,
verleidelikheid, awu, Moeder Eva,
kan Mens nie maar, net, ter wille,
van Kaapstad, Moeder, met afskaf,
wegdoen, van “Duiwelspiek” begint
al gee satan sy stryd nie gou,
sommer net só, oor, gewonne,
daarvoor’s gevallene hopelooslik,
té Gewete-loos, ultra-onbesonne
Jacobus Faasen

