voorbiddinglik

  • 0

swaai media-kopligte nu, gerig op Mangaung,
alle tale in een groot ruimte, Engels oorheers,
vry om t’praat, slagspreuke t’eggo, vrae t’stel,
innie unieke vryheid, vannie Oranje-Vrystaat,
byna net so plat soos Lonmin-vlak, ong’naakb’r,
ultra-onstuimig, soos onttroning vannie Keiser,
al oorstroom Self-destruksie medemenslikheid,
ubuNtu, mens-tot-mens-oorgrens-integrasie,
soos sosio-ekonomies, polities, hier in Afrika

Mens se grootste wens, dié van Lewe Twee Lewe,
berus op B’sinning, Besluitneming, Beslissing, Self,
oor wyse, manier, styl, waarop Mens wil Leef,
hoe ver verwyderd ryke van arme, van “Anner”,
hoe Mens Self-destruksie kan ophef, laat vaar,
onkund’-ontkenningskunde as leuen op’nbaar,
g’dane sake ter berde kan bring, via verklaring,
konfessie, admissie, erkenning, eg belydenis,
lat Mens al vele millennia daarmee besig is

kort Mens se Self Self-bevryding, úít destruksie,
verlossing uit slawerny van Self-submissivering,
onderdanigheid aan “Duiwelspiek”-dissipelskare,
Genade, jarre-d’r-jarre se struktuurgeweldskade

Mens se Storie, Geskied’nis, Verhaal digitaal,
verpak, pedagogies, spiritueel, moralisties,
aang’bied, g’presenteer, voorg’stel, g’wys,
inne rolmodel-model, volgens Waarheidswet,
soos geïllustreer, aang’toon, oorg’dra, vertel,
in allie Goeie Boeke, Bloemlesings, Bundels,
lat Skepper Sy Skepsels, Almal Wil Kô Haal,
v’ral dié, diegene, wie noggie Weg mooi ken,
té stewig vas, gevang in verleidingsvangstrik,
strategies g’weef, g’span, ing’span, Mens t’wen,
Gewete-’n-al, koppenpote, Mens, voete-’n-pens,
goed g’skoolde ouskool-ivoortoringteoretici,
nogge onkunde-ontkennersdeskundige skool,
ontkenningskunde asse afweerskild voorhou,
versus God se Waarheid, Ultra-Verifieerbaar

assit donker word in Guantanamobaai, ai-jai-jai,
assie spoke los loop innie slawelosie, ja, amok maak,
Vrymesselaars verbyskuifel, oor Broedersgrafte heen,
soek politici skielik weer by stemvolk steun, bystand,
staan Gini-koëffisiënt soos ’n sweerseer uit, grotesk,
vlieg lugbusse daagliks oor blik-’n-plank-kaia, eish,
essensie van vryheid tog innie kern, Mens se huis,
om nie eens t’raai hoe kô Mens dóú, innie Paradys

innie grotte van Afghanistan, reënwoude, van “boschman”,
innie rysvelde van Pakistan, Serengeti se groot verbygang,
innie kinnerarbeidsfabriek, innie diep Skeur vannie Vallei,
Mens gedurig besig, “Anner” tot íéts, “Anners”, t’veranner,
feitlik permanent, dag na dag, week na week, jaar na jaar,
oor vyand, opponent, hulpbrontoeganklikheid, aan’t wonner,
selfs probeer, Lewe Twee Lewe, neo-Lottoïsties in t’palm,
soos ’n aartsdobbelaar “geluk” as Self-geskep op t’hemel,
Self-destruksie allie tyd as rasionaliseerbaar voor t’hou,
asof’t enigsins sin sou maak, iets konstruktiefs, werklik,
droom, vanne beter lewe vir almal, op deesk’ Planeet

Naasteliefde kommie vanself, nog minner ubuNtu,
vir Mens, onv’rtroud met filosofie, noggie so laat,
onfunksionaliteit van politiek, retoriek, uitgewys,
spinsangomas op hul agitproplik beste onner druk,
in onsekerheidstyd liegstories, strooi t’fabriseer,
kom kommissies mossie maklik weg m’t moord,
te veel oppie spel, van inter-, intra-legitimiteit,
van superdeursigtigheid, verantwoordbaarheid,
van konkreet gestalte gee aan kollektief beleid,
van gelyke geleentheid, speelveld-egaligheid

o Liefste Abba, lat Mens voorbidding doen,
vir Mali, Wes-Afrika, Somalia, Oos-Afrika,
vir Azania, Suid-Afrika, post-Gondwana,
lat lens waardeur Mens mede-Mens b’loer,
Google, naspeur, togge beter perspektief,
van medemenslikheidsmentaliteit, ubuNtu,
(of) annersins, van Mens-wees daarsonner,
sal oplewer, produseer, voortbring, verskaf

o goeie donner, Allah, kanala, wees Mens,
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
hier, plus elders, oral op Aard’, G’nadig,
al verdien Mens’t nie juis noodwendig

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top