Voor my woorde (k)oud is
Dit raak al moeiliker om jou woorde neer te pen
Daar’s te veel clichés en als is al gesê
Niks is meer nuut nie, wat was, wat is, sal wees
My woorde is al klaar weer oud teen die tyd dat jy dit lees
Tog, wil ons dit weer sê, nog ? weergawe van liefhê
Liefde verlore, gevind, eerste liefde, die liefde is blind
En die woorde te veel gesê, dalk te min
Ek is lief vir hou
Ek hou van jou
Jy word bemin
REFREIN:
Maar dit als kom net op een ding neer
Die liefde wen elke keer
Die liefde wen alweer
Die liefde wen nog steeds
Dis al so moeilik om oorspronklik te wees
Iemand het die woorde uit my mond gesteel
So, hier sit ons nou in die twintigste eeu
en ons sukkel om te beskryf hoe ons voel
Dis dalk hoekom stilbly ook ? antwoord geword het
versigtig om ons taal met pleonasme te besmet
Daai woorde te min gesê, dalk te veel
Jy is myne, ek wil my lewe met jou deel
REFREIN
Vergewe my hierdie klanke wat ek maak
Ek belowe dit kom uit my hart
Ek wil so baie sê, ek wil net met jou praat
Maar ek moet alles eers oorweeg in hierdie letterskaak
Want, êrens, reeds, het iemand so gevoel
? Minder opsie uit my woordewarboel
Is dit dan al wat die liefde eintlik is?
? Herhaling van die verlede, wat was, wat kom, wat is
Kom dit als dan net op een ding neer?
Die liefde wen elke keer
Die liefde wen alweer
Die liefde wen nog steeds
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.