Ek sou baie graag die opinies wou bekom van Kobus, Angus, Thomas, Cornelius, Wouter, Francois, ens, rakende die ondergenoemde “Link” getitel “Sacred Semen” - The History and Spirituality of Swallowing Semen”, wat wil voorgee dat alle godsdienste, die Christendom, Boedisme, Hinduïsme, Jodendom, ens inkluis, hulle oorsprong in hierdie konsep het. Hierdie skyn ‘n geloofwaardige antropologiese studie te wees, nl History and Spirituality of swallowing semen (ejaculation, ejaculate, sperm, cum).mht.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco,
Ek weet nie waar kom jy aan die bewering - “swallowing semen, wat wil voorgee dat alle godsdienste, die Christendom, Boedisme, Hinduïsme, Jodendom, (sic) ens inkluis, hulle oorsprong in hierdie konsep het” - nie, want dit staan glad nie in jou skakels nie en daar is ook geen aansluiting daar vir so ’n afleiding wat jy maak, nie. Al wat daar beweer word, is dat daar sulke praktyke was.
Daar is ook niks nuuts aan die flagrante leuenagtige bewerings, sover dit die Jodedom en die Christendom, aangaan nie. Vir eeue al probeer antagoniste van geloof die Godsdiens verdag maak.
Dat die Jode vir die tydperk voor die verstrooiing wel hulself aan pagan gebruike vergryp het, insluitende seksuele vergrype en homoseksualisme, is so. Vandaar die profete se stroom waarskuwings om die afvallige praktyke te staak, wat uiteindelik gelei het tot hulle verstrooiing en onderwerping aan vreemde volke.
Daar is dus geen sprake dat daardie vieslike gebruik ooit gereken was as deel van die Israeliese of die Christelike Godsdiensbeoefening of Goddelike voorskrif, nie.
Wat al daardie spekulasie, kwaadwillig soos dit is, vernietig, is juis die uitdruklike wyse waarop God voorskrifte gegee het ten aansien van die Godsdienstige gebruike. Elke iedere Godsdienstige item, insluitende kossoort, plantsoort, salwing olie en ook die manier hoe dit voorberei en gebruik moes word, is in detail voorgeskrywe deur God, juis sodat daar geen kans is vir die gruwel gebruike van die omringende pagan nasies, nie. In besonder was daar geen seksuele gedraging, praktyk of offerande voorgeskrywe nie – trouens, God het streng reëls neergelê om die gehele praktyk van seksuele vergrype, waaronder sodomie op enige manier, tyd of plek, inbegrepe is, ten strengste te verbied. Daar is baie ander steun in die Woord vir die feit dat God homoseksuele dade sou verbied as ’n gruwel voor Sy Aangesig – maar daarop hoef ek nie nou uit te brei nie.
Die Bybelverse wat deur die spul in jou skakel aangehaal word, in soverre dit op die Christelike Godsdiens betrekking het, is so ooglopend onverwant aan sulke vieslike praktyke met betrekking tot die semen, dat dit geen verdere bespreking verg nie – daar is waaragtig geen substansie daarin nie. Dit is absoluut lasterlik en dit is die enigste rede waarom dit beweer word – ter wille van die geleentheid om net op ’n ander manier te laster. Dit is maar agnostici wat nou weer hul onkunde en insigloosheid kom ten toon stel, om van hulle kwaadwilligheid nie eens te praat nie.
Uiteraard laat ek my nie uit oor die ander religieë nie, want dit is mensemaaksels – ek weet dat die hindoeïsme, byvoorbeeld, ook sterk seksuele konnotasie het.
Daar is ’n rede waarom die HERE ’n voorbeeld kom stel het hier op aarde – juis om die voorbeeld te stel hoe om ’n einde te maak aan al die vergrype, hetsy materieel, seksueel of spiritueel. As jy dit kan insien, sal jy ook besef dat die beweringe werklik net kwaadwillig is, met die doel om te laster.
Groete,
Kobus de Klerk
Beste Jaco,
Baie dankie vir die interessante perspektief op ons seksgawes uit die hand van ons Almagtige Lewende Skepper.
Wat veral daaruit duidelik is, is die feit dat ons mens se seksuele vreugde totaal van die van diere verskil.
Aan die anderkant deel ek met oorgawe aan jou dat net GOD ons harte en die bedoeling daarin ken.
Geen mens ken eens sy eie hart nie.
Die Bybel bevat vele verhale waarin dit geleer word; van die verskil tussen Kain en Abel se offerandes, Abraham se offer van sy toe nog enigste seun Ismael, tot koning Dawid se geloofsdade teenoor sy egoistiese verval.
Ek is die laaste wat 'n ander sal veroordeel in hul diens aan ons almal se Almagtige Lewende Skepper - al lyk dit soos 'n orgie vir my van buite af.
Inteendeel, ek ondersoek veel eerder my eie skeptiese gedagtes daaromtrent as om enige deelnemer daaraan te wil verhinder.
Derhalwe sou ek lieg as ek met 'n strak gesig op 'n Christelike Nasionale sensuurraad sou kon dien.
Nee wat, my eie drange sou vinnig die oorhand kry en voor ek kan keer deel ek die wonderlike vrug van my eie liggaam met 'n ieder wat lus is.
Daarom verkies ek persoonlik maar die stemmige gewydheid tussen Katolieke, Anglikane, Moslem, Joodse en oor die algemeen Hindoe aanbidding tot ons Almagtige Lewende Skepper bo enige versoeking waar ek aan my menslikheid gaan ontkom en selfbevrediging die diepte van my aanbidding tot God word.
Ek weet en vertrou dat net God ons harte ken.
Ek ag myself geen uitspraak oor 'n ander se diens aan God waar daar nie ander in hul diens onderdruk word nie.
Ek deel in dankbaarheid die volgende gedeelte hierop van toepassing in die Bybel uit Romeine 8:26, met jou;
"En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree."
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Ekke
Beste Kobus.
Dankie vir jou respons.
Jou reaksie daarop was te verwagte en ek sou teleurgesteld gewees het was dit enigsins anders gewees (nie lelik bedoel nie). Ek self aanvaar nie enige geloofwaardigheid aan die VERTOLKINGS van die dade genoem nie, dus my woordkeuse van "skyn geloofwaardig" in dieselfde vorm wat die woord skyn in skynheilig gebruik word. Al wat dit vir my bevestig is dat enigeen enigiets in die Bybel kan inlees om 'n sekere agende te probeer bemark. As ateis lees ek die Bybel letterlik, en poog geensins om my leefswyse deur verdraaing daarvan te regverdig nie. Die spiritualiteit daarin vervat gaan my als ateis glad nie aan nie.
Ek moet byvoeg dat beide jy en Cornelius se moeite om die link te lees, al was dit vir julle onsmaaklik, my heel be-indruk het, wat die leuen daaraan gee dat julle nie met 'n oop gemoed lees nie. Ek is derhalwe teleurgestel dat die ateiste geen kommentaar gelewer het nie.
Ek moet bieg. Het ek in die Ou Testamentiese tye geleef, sou ek my in die Filistyne se orgies verlustig het, of as Filistyn of as afvallige Israeliet.
Jaco Fourie
Beste Cornelius
Dankie vir jou respons.
Soos reeds hierbo genoem is het ek opregte waardering vir jou en Kobus se moeite om die link te gelees het.
Net 'n kommentaar, (nie lelik bedoel nie). Met die Christelike geloof is jy of heeltemal in of heeltemal uit. Afwatering deur middel van aanpassings met veranderende tye maak 'n bespotting van sodanige geloof. Dus die dat ek die Pous kan verstaan wanneer hy onwrikbaar staan met betrekking tot aborsie; voorbehoedmiddels; en sy uitsprake rakend gays. Ek verfoei myself wanneer ek sien hoe gays (Katoliek of Protestant) nog met die een voet in die kerk wil aanbly en die Bybel verdraai om hulle agenda te regverdig. Hulle mislei net hulself. Kobus is heeltemal reg wanneer hy se dat 'n Christen-gay moet selibaat bly, en ek se of uit die kerk uittree. Om die Bybel vrylik te kwoteer: "Jy kan nie beide God en Mammon dien nie." Ek se: Die gay kan nie met beide 'n leun (om voor te gee hy is 'n Christen nie) en die waarheid (dat hy gay is in teenstryd met die Christelike geloof) gelyktydig kan leef nie.
Jaco Fourie
N.S. Met hierdie nuwe stelsel wat SeNet gebruik, is ek skepties of na vorige briewe, soos hierdie een na teruggegaan word, dus die dat ek dit sal waardeer indien julle met 'n kort sinnetjie net vir my bevestiging kan gee julle het hierbo gelee. Dankie