"Voor ek vergeet" deur Theunis Linde

  • 0

Voor ek vergeet

Gee my net kans om vir ‘n laaste maal
Myself te geniet
Sonder enige pretensie
Dit was nooit my intensie
Om onmin te saai
So waaroor die bohaai
Gee my jou klokhelder gelag
Met spatsels waansin tussenin
Laat dit ego in my gange
Net voor ek vergeet
Hoe dit alles inmekaarsteek
Jy was heeldag in my gatsak
Heel maand in my gemoed
Die herinneringe ruik soos blomme
Maar verlange proe na bloed
As ek hier voor jou deur kom staan
En vergeefs wag op jou groet
Keer-keer as jou hart oor jou onderdeur loer
Dis maar maklik om hom af te staan
Skryf gedigte al rym die woorde nie,
Jy weet die kuns bly altyd staan
Net voor jy vergeet
 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top