Volstruise: die hartseer storie

  • 0

Het jy al ooit ’n volstruis dopgehou, ek bedoel nou van naby af, vir lank. Hulle is ongelooflike goed. Definitief eggo die oerknal nog in hulle ore. Met hulle pragtige vere en lang wimpers, slanke nekke en ratse bene kan mens hulle maklik beskryf as long legged chicks. ’n Vreesaanjaende gesig, so mannetjie volstruis wat op jou afstorm met sy rooi bene, wel, enige volstruis wat op jou afstorm, rooi bene of te not ... jy wil ten minste ’n draad of drie tussen jou en hom hê. Hoe dit ook al sy, volstruise is iets wat eg Suid-Afrikaans is, soos koeksisters en pannekoek. Volstruise kom al dekades saam met ons en het ’n wonderlike nalatenskap van hoogte- en laagtepunte in die geskiedenis gelaat. Maar helaas, die geskiedenis het die volstruis uiteindelik ingehaal ...

Ons land se volstruise is in ’n krisis en ’n ongelooflike hartseer storie speel hom dag vir dag op ons drumpels af. Oudtshoorn is besig om ’n stadige dood te sterf ... en almal kyk maar liewer annerpad.

Herinner my aan daardie gedig wat ek as kind geleer het ... "is iemand dood, en wie was sy? ... ’n vreemdeling vra, en stap verby ..." Weet iemand hoeveel boere al bankrot gespeel het omdat hulle net nie meer hulle volstruise kan voer nie, hoeveel honderde duisende volstruise net eenvoudig keel afgesny moes word in die laaste paar maande? Weet iemand dit? Gee iemand om? Waar is die regering, waar is die media, waar is die hulp? Is die bedryf dan te klein om te red? Is die boere te onbelangrik of dalk te wit om hulp te ontvang? Ek dink so. Die volstruis van Afrika gaan ’n stille dood sterf.

Angelina

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top