Volgens Ran Doodt, is dit nogal heel gevaarlik om aan te haal uit ’n boek, of wat iemand gesê het.
Aanhalings uit Dawkins beteken dat jy nie ’n meester in kwantum-fisika is nie, en buitendien “agter die tyd” is. Haal jy uit die Bybel aan, is jy seker ’n Christen of Jood. Uit die Koran moet jy oppas voor, want dan is jy ’n Mohammedaan. Aanhalings uit Mein Kampf sal van jou ’n Nazi maak en oppas vir Tutu, PW Botha en Dan Roodt. Aanhalings van dié here, veral in ’n multiversum milieu, sal beslis van jou ’n godsdienstige, kommunistiese, krokodilagtige hominide maak.
O, en sorg maar dat jy vrylik aanhaal uit Brian Cox se nuwe boek wat nogal betrekking het, The Quantum Universe: Everything that can happen, does happen. Kyk, dit maak mos van jou ’n uithaler kenner van al die kwantums, plus jy sal sommer ’n ekspert wees om ons menslike bestaan flink-flink wiskundig-wetenskaplik te kan uitlê. Dit moet jy in jou kop kry: slegs “mense” wat presies weet wat in die kwantum fisika aangaan, en die multiversum wiskundig-wetenskaplik kan uitlê, is mense.
Groete
Angus

