Aangesien Jaco Fourie se gesprek oor Afrikaanse skelname ernstig begin raak, hiermee ’n ligte maar dalk gepaste (ware!) staaltjie oor my (saliger!) buurman Pieter Maree.
Die Marees het deur Israel getoer en in Eilat in die donker van die nag, gewaar Pieter iemand by hul kamervenster! Boerseun wat hy was, spring hy op en skree "voertsek!!" en die inbreker slaan voet in die wind! Die volgende oggend word ontdek daar is by al die kamers, behalwe die Marees sin, ingebreek is!!
Jan Maarschalk

