Voetnota II vir Wouter

  • 0

Hierdie is maar meet die stellings wat ek gemaak, of die vrae wat ek gevra het na aanleiding van jou uitsprake. Ek het geen kommentaar en/of antwoorde gekry nie so ek weet nie of jy dit misgelees het of saamstem nie.

8 November

  • Wat laat jou dink ek “maak” Pollak af; hy sê dan presies wat ek vir jou gesê het?
  • 'n Wiskundige formule spreek boekdele; een wiskundige, sê 'n Fransman, kan een neerskryf en 'n ander wiskundige, sê 'n Rus, verstaan dadelik. Hy gebruik nie Russies om dit te interpreteer nie; hy verstaan dadelik die wiskundige begrippe.
  • Hoe sou Helen Keller kon leer as mens taal nodig het om te dink?

15 November

  • Afrikaans was nooit in 'n bevoorregte posisie nie; Engels was.
  • Sou Verwoerd werklik swartes wou terughou, veral in die lig van die feit dat hy onafhanklike state voorgestaan het, en is daardie gewraakte stelling werklik deur Verwoerd gemaak?
  • Hoekom sal Afrikaans studente uitsluit en Engels nie?

17 November

  • Selfs al was Afrikaans in 'n bevoorregte posisie soos jy beweer, hoekom moet ons kinders daarvoor gestraf word?
  • Hoekom beskou jy dit as jou plig om Afrikaans te vernietig (want onder gaan sal hy beslis as alle skole Engels is); dit was mos nie jy wat hom in daardie posisie geplaas het nie, of hoe?

17 November b

  • Hoeveel het die Britse regering aan onderwys per Boerekind spandeer?

24 November

  • Wat sê die New York Times se argief oor hoeveel die Amerikaners per Rooihuidkind aan onderwys spandeer het?
  • Wat sê die New York Times se argief oor hoeveel die Britte aan onderwys per kind in hulle kolonies spandeer het?
  • Sommer so vir die interessantheid, wat sê die New York Times oor die geweldige getallevermindering onder die Rooihuide vandat hulle met die wit Amerikaners in aanraking gekom het? Hulle het verminder van 4 miljoen na 600 000 waar by ons die swartes van 4 miljoen na 50 miljoen vermeerder het.

Groetnis

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top