Voetewasser
Moet ons U help regeer o Heer
met mag gesag afdwing?
Kragdadig instaan vir U Heer,
U nuwe ryk help bring?
Hy toon die taak ons opgedra,
sodat ons self kan sien,
dis liefde wat Hy van ons vra,
dat ons mekaar moet dien.
Met skottelwater op die grond
voetwassend leer Hy my,
dat kneg-wees my nie bind nie
maar my inderdaad bevry.
![]() |



