Voëltjies
Met oulike veertjies is hulle getooi
Voëltjies so kleurvol en so mooi
Kyk hoe kry hul kleintjies kossies
Hulle vlieg oor bome en bossies
Refrein:
O die fraaie voëltjies
O die fraaie voëltjies
Kyk hoe groet hulle nou
O die fraaie voëltjies
O die fraaie voëltjies
Met vrolikheid is hulle omvou
Hulle vlieg rond sonder om te kla
Ook geen vrae word gevra
50 pragtig en so opgewek
Dolgelukkig en sonder gebrek
Refrein
Die voëltjies kwetter op hul gemak
ln die lowergroen boom se tak
Hulle het rede om fees te vier
Want kyk hoe pragtig is hulle versier
Refrein
![]() |



