Vlameiland

  • 0

Herinner my met herfs dat hierdie heimat
Amper weer in ligtelaaie gaan staan
En kinders ook swart soos askari’s kom
Om roet by die keerwal af te was
Waar likkewane altyd uit draaikolk
Op loer lê vir naaldekokers en mot
Met meidjies wat nou vanaf die oranje
Hinkepink terugkeer na die gehuggie
Om alle vis soos koeverte oop te vlek bo kole
Dat hul vonke eintlik kan opskiet
Tot tussen moerbei se toppe
Terwyl ek piepklein woorde na jou toe wil wissel
Oor of jy nog kan onthou
Hoe naby aan die vuur arbeiders was
As hulle Vlameiland altyd aangepak het met gaffels

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top