"Vlam" deur Hors Prinsloo

  • 0

Vlam

Oë van 'n engel,
waaragter iets duister skuil
Wat soms nes donker wolke
voor die son se glans in seil
? Silwer rant te vinde
in die skater van haar lag
Soms bittersoet soos wyn
soms warm soos 'n somersdag

My lam
My als-verterende vlam
My lam

Soos weerlig bo 'n dorre land
vol beloftes van die reën
het jy hierdie woestyn van my hart ook so
plek-plek kom seën
Net om weer te verdwyn
deur winde weggewaai
en ver anderkant die horison
bo 'n ander se kop loop draai

My lam
My als-verterende vlam
My lam
My als-verterende vlam
En ek sal myself
my hart verpant vir net een kans
My lam
My als-verterende vlam
My lam

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top