![]() |
|
http://blog.libero.it
|
Ek neem my voor om na jou te hunker,
My heer wat arrogansie bekyk het
Tot arrogansie teruggekyk het.
Jy wat jeug en woede aanskou het,
Is op jou beurt deur die noodlot betrag.
Jou drif het soos oorverhitte olie
Uit ’n brandende enjin geloop,
Iets om in die drein af te gooi
Of dit sal die pad vlek;
En die wrak is verwyder.
Jy met jou flambojante reise,
Jou flair vir leiding gee
En jou twyfelagtige herinneringe:
Ek sal jou aanbeveel
In sale waar mense ween
En die genade twee keer ’n week skokbehandeling kry.
Eendag sal jy teen dagbreek regopsit
En die slapers na hulle waak aantref.
Saam met die voëls sal jy lewe kry
En soos ’n evangelie voorgesit word.


