visa versa visum

  • 0

al reis’k deur elk afgebakend’ g’bied,
al leer’k meer, oor Mens, Geskied’nis,
waar en hoe Homo Sapiens Sapiens,
Millennium Drie, hom-, haarself b’vind,
lat Mens uiteind’lik aan hand van,
antiek ekonomie, op grond van,
induiestorting van Parthenon,
mynlisensie vir Mapungubwe,
kan eien, gevolge van Self-
destruksie, uitwissing, fracking,
hoe kapitaal vou, onner druk, effektief,
magsoorlogsuitkoms, struktuurgeweld,
laaste dae van Aarde, soos Mens’t ken,
as allie dooies, afgestorwenes, voorouers,
uit agtergrond van hul ervaring, wysheid,
sou wou ingryp, al is’t net via 'n droom,
Skepper Positief, Gewete-vol, by t’staan,
een of anner B’sinning, kontemplatief,
aktief t’probeer teweegbring, t’aktiveer

as Mens maar net voordeel sou wou put,
uit voordeel van voordeligheid, van voorbeeld,
van voorbeeldigheid, byvoorbeeld, van Liefde,
vir mede-Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
Naaste, mede-Mens, mede-Aardbewoner, dromer,
soms soos ‘n rot geskop, soos ‘n vuil vlieg bespuit,
soos ‘n proefkonyn gemartel, per lab-eksperiment,
aan gewetenloosheid onnerwerp, tot “dier” gradeer

o wee, Duiwelspiek-dissipelkring, leiers van samelewing,
gemeenskap, waar meerderheidswens illegitiem, onheilig,
onnodiglik, Gewete-loos, premeditatief, negerend geïgnoreer,
tot Ekonomie Twee-verwagting gereduseer, in doofpot g’stop,
g’n sprak of sprook oor verwydering van struktuurgeweld,
of objektief verwysing na Gini-koëffisiënt, gaping, kloof,
by die dag wyer, afstand tussen Mens en mede-Mens

min bereid, te deel, te verdeel, te herverdeel,
op te hou met noodgedwonge by anner steel,
‘t gattie goed saam’t Waarheid, Geregtigheid,
m’t Liefde vir Self, vir Naaste, vir Eie God,
als wat vereis word, in Sý Mooi Paradys,
nes Kreateur’t doerie Tyd toe al mos,
Streng, Plegtig, volgens Sy Eie Wil,
Verklaar, op Suiwer Skrif Gestel’t,
Geopenbaar, Openbaar G’maak,
Gepubliseer, Geadverteer, Bemark,
eg Vaderlik, uit Sy Almagtigheid uit,
Beloof’t, o liewe eish, nes Skepper Kan

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top