Vir Wouter oor die Rooihuide en

  • 0

Dagsê Wouter

Jy sê my "ontkenning van apartheid" is so ’n laagtepunt dat jy nie verder wil praat nie.

Luister, of liewer lees, nou mooi: Die apartheid wat jy en die ander in gedagte het wanneer julle so wroeg en skuldig voel, die soort in die naam waarvan julle beweer, soos die New York Times, “onmenslike dade” gepleeg is, het nooit bestaan nie. My voorouers was eerbare godvresende mense (oor die algemeen) wat niemand meer skade aangedoen het as byvoorbeeld die Franse, Zoeloes, Amerikaners, Xhosas, Belge of Engelse nie.

Om die waarheid te sê, as daar verskoning gevra en boetedoening gedoen moet word is my voorouers laaste aan die beurt, ver agter bogenoemdes. As mens nou ons ontmoeting met die swartes vergelyk met die Amerikaners se kennismaking met die Rooihuide, is ons bona fides bo enige twyfel. Die paar Rooihuide wat oorleef het sit in reservate terwyl die swartes gedy; daar is seker hier by die 40 miljoen in Suid-Afrika. Gaan kyk maar in die NYT se argief.

En moenie kom met twak soos stemreg, werkreservering en reis nie. Die Duitsers mag nie in Portugal stem nie, kan nie sonder paspoorte Portugal toe gaan nie en kan nie sonder permitte daar werk nie en nêrens hoor jy die Portugese behandel die Duitsers onmenslik nie.

Wat “mentalese” betref is jy reg, ek het nie ’n benul wat dit is nie en het dit ook nie opgesoek nie. As dit iets nuuts of vreemd was kon jy dit verduidelik. Jy het nie. Ek het ook gedink as jy nou sou agterkom dat mens nie in ’n taal dink nie jy dit bloot sou sê. Jy het nie.

Iets interessants onder julle librils (nuwe woord; nie noodwendig dieselfde as “liberales” nie): Ontkenning van ’n Hoër Hand word geduld, selfs onder die wat nie ateïste is nie want daar is mos vryheid van spraak. Ontkenning van die bestaan van so iets soos apartheid is egter heiligskennis van die ergste graad; mens (dis nou die librilmens) praat nie met hierdie ketters nie en onttrek dadelik van sulke gesprekke, kop in die sand.

Groetnis

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top