Vir Wouter oor die New York Times

  • 0

Dag Wouter

Jou stellings maak nou meer sin vir my nou dat jy laat val het dat jy die New York Times as bron gebruik. Of, anders gestel, dis nie snaaks dat jy dinge so skeef sien as jy die New York Times raadpleeg nie; wat die Afrikaner-regering betref was hulle nog altyd baie giftig.

Jy moet bietjie opswot wat daardie koerant oor die Rooihuide sê; hoe dit gekom het dat hulle getalle van die 4 miljoen wat hulle was toe hulle die Amerikaners ontmoet het gedaal het na die teenswoordige 600 duisend of so, miskien bietjie meer nou. Vertel ons ook sommer wat hy te sê oor hoeveel die Amerikaners destyds spandeer het per Rooihuidkind se opvoeding. Terwyl jy besig is, kyk sommer na die Australiese, Nieu-Seelandse, Noord-Rhodesiese, Suid-Rhodesiese, Njassalandse, Malawiese en koloniale Indië se syfers ook in die verband; siende dat die NYT so formidabele argief het.

Groetnis

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top