Vir Wouter oor die koerante

  • 0

Hallo Wouter

Daar haal jy toe Hoyt aan wat presies sê wat ek vir jou vertel het. Jy gaan darem so ver as om te sê jy stem nie heeltemal met my saam nie wat beteken jy verskil nie heeltemal van my nie. Lyk my jy stem saam met Hoyt en dis goed genoeg vir my aangesien hy sê wat ek sê.

Ek sê weer, vandag se nuus is NIE more se geskiedenis nie want ’n ou met ’n diploma of graad in joernalistiek is nog lank nie ’n geskiedskrywer nie. Dus, geskiedenis wat jy in die New York Times se argief kry moet jy met groot agterdog bejeën, veral in die lig van Clark Hoyt se stelling

... as the writers of Times editorials, who are not part of the newsroom, express their predominantly liberal opinions aggressively.

Jy bekla die feit dat Beeld daardie spesifieke Diepsloot-insident nie so goed soos die Times gedek het nie. Logies; ek sê mos vir jou, dit is nie in Beeld se belang om die manifestasies van mislukte administrasie te onderstreep nie. Ek glo joernaliste en predikante het opdrag om nie "alarmisties" te wees nie.

Jy vra of die Patriot objektief oor Diepsloot sou verslag gee. Beslis ja en nie alleen oor Diepsloot nie, hulle sou ook die plaasmoorde wêreldbekend gemaak het.

Groetnis

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top