Jy vra Wouter ’n baie interessante vraag wat mens bietjie aan die dink sit:
Hoe is dit dan dat ’n blok van baie honderde miljoene blankes, mense met hogere opvoeding, beskawing, demokrasie, inbors en wie weet wat nog, sommer net so, oornag, tjoef-tjaf bankrot kan gaan?
Maar mens hoef nie lank te dink nie; my teorie is ... dis transformasie! Hierdie teorie kan getoets word: Soos die state ten noorde van transformeer het, het alles tot stilstand gekom – boerdery, die infrastruktuur, onderwys, gesondheid die lot. Zimbabwe is die mees onlangse geval; landbou is moer toe en duisende van hulle mense is hier omdat daar nie kos en werk is nie. Die wat nog daar is moet, soos die grootste gedeelte van Afrika, staat maak op aalmoese om aan die lewe te bly, aalmoese van die einste mense wat nou so deur jou uitgekryt word.
Die NSA is nou in die proses van transformasie en jou wrintiewaar dit bevestig die teorie. Plase wat spogplase voor transformasie was is nou vervalle, op derduisende hektaar waar kos en uitvoervrugte produseer was, gaan nou niks aan nie, om nie nog van die verlies aan werkgeleenthede te praat nie. En dis maar net landbou; dinge gaan só sleg in onderwys, gesondheid, vervoer en polisie dat hierdie departemente in sekere provinsies nou onder geregtelike bestuur geplaas is.
Korrupsie vier hoogty. Ek hoor oor Praat Saam Vrydagoggend dat, ’n rukkie gelede, was 17% van topbestuur korrup en nou is dit 36%. Is die positiewe korrelasie tussen transformasie en korrupsie toeval? Statisties nie, daar is net te veel gevalle.
Dinge gaan ook maar sleg in Europa soos jy sê en, snaaks genoeg, waar dit die mees vervalle is, is waar immigrante vestig. Sakkerollery, aanrandings, die soort van ding is daar aan die orde van die dag. So jy moet maar hoop Europa oorleef anders weet ek nie waar Afrika kos en medisyne gaan kry nie. Moenie sê by die Sjinese nie; alreeds is honderde renosters afgemaai (meer as 10 net die afgelope week) – dink net wat gaan van Suider Afrika se wild- en visreserwes word as daardie ouens vrypas hier het.
Hierdie is natuurlik ’n algemene verskynsel in die geskiedenis. Soos die Romeine ook destyds meer liberaal geword het, het transformasie toegeneem en nie lank nie of die eeue-oue ryk is in sy moer.
Soos ek hier skryf word die N8 naby Bloemfontein met klippe en brandende bande versper, nóg ’n optog (eintlik opstand) oor gebrek aan dienslewering. So tuimel ons maar dag vir dag dieper die afgrond af. Soos jy sê, die NSA is in volle swang. Dankie dat jy ons keer op keer attent maak op die verval, miskien nie doelbewus nie maar dit werk elke keer so.
Jan Rap

