Jy reken ek spoeg haat teen Afrika. Intussen het ek maar net, elke keer as jy gal braak oor wittes en vertel hoe sleg hulle sou wees, vir bietjie balans aangehaal waar julle Afrikane nie so hoogheilig is (jy't hulle selfs op ’n kol Swart Jesusse genoem) as wat jy impliseer nie en dieselfde, indien nie erger nie, goed aanvang en meestal op ’n veel groter skaal.
Die “haat en nyd” waarvan jy praat kom dus net so uit die koerante en nuus en is bloot aangehaal in reaksie op jou matelose voor-op-die-wa-geit, jóú galbrakery teenoor blankes en die Afrikaner spesifiek. Dit is dus te danke aan jou dat die kollig kort-kort geplaas word op die agteruitgang hier en in Afrika in die algemeen.
En wat maak jy elke keer as jy ’n blikkie wurms oopgemaak het? Jy ontken, jy gil, verwyt en maak ’n lawaai en skree dat die ouens wat die wurms uitwys van “leuens en verdraaiings”. Ek nooi jou nou uit, wys vir my waar ek my skuldig gemaak het aan leuens en verdraaiings dat ek verskoning kan maak en dinge reg kan stel.
Jan Rap

