Vir Williams oor rassisme en wortels

  • 0

Ek sien jy sê “... Afrikaans en Engels het presies dieselfde wortels." Presies? Soos ek al vir jou gesê het, Engels se klassifikasie (Ethnologue of Languages) is

Indo-Europees – Germaans – Wes-Germaans – Engels

en Afrikaans s’n is

Indo-Europees – Germaans – Wes-Germaans – Laersaksies-Laerfrankies – Laerfrankies – Afrikaans

Dit hang af van hoe ver mens teruggaan. As mens teruggaan na Indo-Europees is daar oor die 400 tale wat presies dieselfde wortels het, byvoorbeeld Afrikaans en Russies, of Engels en Kanjari.

Jy maak ’n verdere wilde stelling naamlik dat "Afrikaans en Engels ... deel derduisende woordeskat". Nie die waarheid nie; as jy ’n Venndiagram sou trek met die een versameling al die woorde in ’n Afrikaanse woordeboek en die ander versameling al die woorde in ’n Engelse woordeboek gaan die oorvleueling baie klein wees, baie kleiner byvoorbeeld as ten opsigte van Afrikaans en Nederlands.

Die volgende ondeurdagte stelling is "Omdat die Engelse wêreldwyd versprei het, het Engels veel groter gegroei as Afrikaans". Die Engelse het wêreldwyd versprei omdat hulle hul Empire gebou het en "Empire" beteken jy heers oor ander en niemand word gewilliglik oorheers nie; hulle word dus onderdruk. Hoe groter die ryk hoe groter die omvang van die onderdrukking so as daar ’n taal van ’n onderdrukker is, is Engels voor in die ry.

As jy dus praat van Afrikaans as "die taal van die onderdrukker" praat jy twak, jy's net weer, soos altyd, besig met gatsuig (dankie Anton B vir hierdie woord). Ek nooi jou nou, of versoek jou, of daag jou (wat ook al vir jou die beste werk) om my te wys waar en wanneer Afrikaners ander mense onderdruk het. Moet nou nie weer jou kop in die sand druk deur ander goed te praat nie, sit nou, soos die Engelse sê, "your money where your voor-op-die-wa and windgat mouth is".

Jy vertel vir daardie Australiese vrou dat die Afrikaners rassiste is maar dis verkeerd. Die Afrikaners is die ouens waartéén gediskrimineer word; hulle straat-, dorp- en plekname word verander, hulle universiteite en skole word weggevat en hulle word poste geweier net omdat hulle Afrikaans is.

Jy kruip verniet gat Williams; alhoewel jy dink hulle is jou maatjies hou hulle niks van jou nie want jy's wit.

Jan Rap

NS Ek wag nog steeds dat jy moet vertel hoe jy uitwerk dat die gemiddelde swarte ten minste ses tale vlot kan praat en die VK skaars so groot as die Vrystaat is.

Brief versag. –Maggie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top