Vir Williams oor onder andere die middelklasse

  • 2

Ek sien jy sê ditsem oor die swart middelklas nou groter as die wit middelklas is. Hoekom is jy so bly daaroor? Miskien oor jy reken dit het die daaglikse bandebrandery en klipgooiery stopgesit? Wel, dit het nie, inteendeel ...

Het jy al daaraan gedink dat Zimbabwe en Mosambiek se swart middelklas ook groter as die wit middelklas is, lankal al? As jy bly daaroor is, is jy onsensitief want die burgers van daardie twee lande is nie bly nie. Trouens, hulle het so 'n renons in hulle eie regerings dat hulle in hulle miljoene, ek sê weer, MILJOENE, emigreer hiernatoe waar daar darem nog 'n redelike wit middelklas bestaan. Die wat nog daar agterbly in hulle eie lande is besig om dié te stroop van hout, voëls, slange ens om te verkoop om aan die lewe te bly. Terloops, ek hoor die Engelse, vir wie jy so uitkryt, wil nou ophou om geld in SA in te prop tot groot konsternasie van regeringsamptenare. Hoekom byt jy die hand wat jou SwJ's versorg?

Ek sien ook jy het nou weer 'n lomp stede uitgesonder waar dinge nou volgens jou slegter gaan as in Suid-Afrikaanse stede. Arme poephol, wanneer gaan jy agterkom elke keer as jy so-iets aanvang plaas dit opnuut ons mislukte staat weer in die kollig?

Messina byvoorbeeld is 'n totale gemors, dit lyk my selfs die teerpaaie daar het verander in grondpaaie. Nie te lank terug nie, hier in die 80's, het Messina twee keer die prys vir die mooiste dorp in die land gekry, nou's dit 'n nes. Genadiglik is die plek se naam nou Mussina. Net so gepas het die eens polsende Johannesburg nou die toiingrige Dzjoubûgh geword.

Daar is nou weer hoeveel polisiemanne aangekla vir korrupsie, hulle besteel tot hul eie polisiestasies. Dan het 'n vliegtuig vol Indiese feesgangers sommer kom land op Waterklooflugmagbasis en is met 'n polisiebegeleiding met 'n groot ghwaraa Sun City toe. Die feesgangers het niks verkeerd gedoen nie maar dinge word so bedryf deur die nuwe middelklas in die weermag dat privaatvliegtuie sommer op weermagsleutelpunte kan land. Wat 'n four king sirkus.

Dalk is jy eintlik 'n antiregeringsagent want wragtag, om die aandag op hulle swakhede so gereeld te vestig kan jy nie die SwJ-bewonderaar wees wat jy voorgee om te wees nie. Ook maar goed jy's in Sjina want ek dink hulle begin snuf in die neus omtrent jou kry hier.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Doed ... Jozi is 'n befokte plek, en jy weet dit nie eens nie ... en ja korrke, baie miljoene stroom SA toe ... ons is tog die rykste land op aarde ... dis verstaanbaar ...

  • Jan, my dogter het in 2009 in Mussina onderwys gegee. Die plek is oorstroom van Zimbabwiese vlugtelinge. Stel jou voor 'n pas gegradueerde van die universiteit af wat nie die eerste salaris wat sy in haar lewe ontvang kan trek nie - die banke staan toe van die mense wat gehelp wil wees. Sy moes tot die vakansie wag om dit te trek. George

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top