Soos gewoonlik het jy weer half gelees. Lees nou mooi: Alhoewel die piramiedes en klipkerke op die Afrika-kontinent is, is hulle nie deur Afrikane gebou nie, net so min as wat Vasco da Gama se kruis, of die sterrewag in Sutherland, of die Nederlandse Bankgebou op Kerkplein, almal op plekke in Afrika, deur Afrikane gebou is. Selfs wat as die Zimbabwe-ruïnes bekend staan is nie deur Afrikane gebou nie hoor ek.
Watter Afrikabeskawings praat jy van swaer? Die Egiptiese beskawing het gekom en gegaan, vergelyk maar Egipte se hoofstad met Frankryk, Duitsland of Swede s’n, of enige Europese hoofstad s’n. Dié in Europa is skoon, vol bome en groen parke, die riolering, water- en kragvoorsiening werk en word in stand gehou. En met die dat hulle geld aan onderhoud, amptenaarsalarisse en uitbreiding spandeer, het hulle nog oor om aalmoese uit te deel aan Afrikane in Afrika, die einste ouens wat jy dink so ontwikkeld is dat hulle eintlik vir “agterlike” Europa moet help.
Net so bietjie inligting vir jou, vir so ’n bietjie balans: Twee ministers en die polisiehoof is in die pad gesteek weens korrupsie en sommer onbekwaamheid in die algemeen. Die polisiehoof is geskors met volle salaris en voordele. As die geskorste amptenaar van die Paryse munisipaliteit R65 000 per maand kry wonder ek wat kry die polisiehoof (en dalk nog die ander twee ook). Ook: Malema reël ’n optog maar wil nie ’n R100 0000 deposito neersit nie (hulle het mos met hulle laaste sirkus so geplunder en gemors).
G’n wonder Europa moet help met geld nie want, soos jy sê, die NSA is in volle swang en om die soustrein aan die gang te hou kos geld.
Jan Rap
NS Onthou nog om te vertel hoe jy uitwerk dat die gemiddelde Afrikaan ten minste ses tale vlot kan praat en dat die VK skaars so groot soos die Vrystaat is.

