Vir Williams oor die bakermat van die beskawing

  • 0

Jy reken Afrika is die bakermat van die beskawing. Daar is ’n paar dinge wat jy uit die oog verloor:

Die eerste kenmerk van ’n beskawing is riolering. Afrika het nie riolering nie. Ook is daar ander dienste soos lopende water, elektrisiteit, gas ens na huise, hotelle en herberge. Afrika het dit nie.

Nog ’n kenmerk is waterpas vloere en loodregte mure, goed soos haaks, ewewydig en reguit. Afrika het nie waterpas vloere en loodregte mure nie. Haaks, ewewydig en reguit bestaan nie in Afrika nie.

Nog ’n manier waarop beskawing manifesteer is die bestaan van ’n alfabet en geplaveide paaie. Afrika het dit nie. Uit ’n alfabet groei die opteken van geskiedenis en ’n drukpers wat boeke druk wat in biblioteke gebêre word. Afrika het dit nie.

Dan is daar die kweek van gewasse om siektes te weerstaan en bekamping van siektes onder mens en dier soos malaria en bilharzia. Dit gebeur nie in Afrika nie. Kweek, teel en die soort van ding is die gevolg van wetenskaplike navorsing, iets wat nie in Afrika gebeur nie.

Dan, so hand aan hand met wetenskaplike navorsing kom tegnologie, masjiene en gereedskap, goed wat met stoom, brandstof en elektrisiteit werk. Hierdie goed lei weer fabrieke en vervoermiddels soos motors, skepe en vliegtuie. Dit kom nie in Afrika voor nie.

Verder is daar nog goed soos kunsmuseums, katedrale en kerke en so aan met groot pyporrels in, balletgeselskappe, akteursgeselskappe, die soort van ding. Hierdie goed is nie in Afrika nie.

Jy sien dus dat Afrika nie die bakermat van die beskawing is nie. Om die waarheid te sê bogenoemde manifestasies, die wat daar nog was, daargestel deur die mense wat jy so uitkryt vir als wat sleg is, is besig om te verdwyn. Riolering het grootliks tot stilstand gekom, biblioteke is gebrand of het bloot toegemaak en verdwyn, gate verskyn in geplaveide paaie ens ens.

Wanneer gaan jy leer dat, hoe meer jy ’n puisiegesig se vel besing, hoe meer plaas jy aandag op die puisies. Dit lyk of jy aktief besig is om polarisasie aan die hand te werk.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top