Ek sien jy’s weer besig met jou ou streke; copy selektief en paste en steek dan tong uit. Aan die ander kant nou weer, daar gebeur seker te veel in SA om te copy en paste; jy sal nagte besig wees. Soos nou byvoorbeeld die een minister wat sedert iewers in 2010 tot nou in Junie oor die R10 miljoen aan huurvlugte bestee het.
Nog ’n groter skande is dat sy soveel kon spandeer voordat iemand ’n stokkie daarvoor gesteek het. Dan is daar nog die 46 polisiemanne wat vir verkragting en roof gevang is (of is dit nou 146?). So gaan dit aan, die soustrein donner voort op sy hellevaart en daarmee die land saam met hom. Jou uitdrukking daarvoor is die NSA is in volle swang.
Nou die Italiaanse witwolf waarvan jy praat. Dit is nie reg nie; dis so erg as om bomme in kerke te plant. Iewers in so’n mens het iets gekraak en hy tree irrasioneel op; hy moet gebêre word want hy’s ’n gevaar vir die samelewing.
Maar wat is dit wat hierdie ou sy varkies laat verloor het? Soos ek laas vir jou gesê het, dis niks anders as transformasie nie. Vir hierdie ou moet dit lyk of die ou Renaissance-pleine al hoe verder transformeer en hy’s moeg daarvoor. Laat mens dink aan die ou Engelse gesegde "the people are getting restless about the natives" of so-iets.
Dit bring my by jou bakermat. Italië kan met reg beskou word as waar die beskawing herrys het na die middeleeue, nie Afrika soos jy beweer nie. Italië is dus die bakermat van die herrysde beskawing. As dit Afrika was sou byvoorbeeld, sê ’n gatvol Senagalees, gaan losbrand het op ’n klomp Italiaanse vlooimark-handelaars op ’n geskiedkundige plein in Dakar. Soos jy sien werk dit toe nie so nie.
Jan Rap

