Vir wie stem jy in 2019?

  • 2

Met die nasionale verkiesing op hande is die vraag natuurlik vir watter party moet mens stem? Die antwoord is eintlik heel eenvoudig. Kyk watter party se waardes stem min of meer ooreen met jou eie waardes en dan stem jy vir daardie party. Is Christelike waardes vir jou belangrik? Voel jy sterk oor Afrikaans, jou kultuur, geskiedenis en erfenis? Is jy gekant teen regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging en die voorgenome onteiening sonder vergoeding? Indien wel, dan moet jy stem vir ’n party wat ook sterk staan oor bogenoemde sake en nie sal skroom om te veg vir jou regte nie.

Dit is maar net een voorbeeld en elke kieser sal self moet besluit watter party die beste na sy belange sal omsien. Maak egter ’n ingeligte besluit en moenie val vir die propaganda dat ’n party te klein of iets dergeliks is nie. In elk geval word ’n party tog groter en sterker hoe meer mense daardie party ondersteun by die stembus. Die 2019 verkiesing gaan uiters belangrik wees en mense moet sorg dat hul op stemdag by die stempunte uitkom en hul kruisies gaan trek. Elke stem tel en gaan beslis nie verlore met die proporsionele stelsel nie.

Die mag is in die kiesers se hande en glo my jou stem gaan ongetwyfeld ’n verskil maak. Maak seker jy is geregistreer en gaan stem beslis vir die party van jou keuse op stemdag. Stempunte is juis oop op die naweek van 26 en 27 Januarie 2019 en dan kan kiesers hul besonderhede nagaan en diegene wat nie geregistreer is nie kan dan ook registreer vir die verkiesing.

  • 2

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Vf+ met Peter Marais? DA wat rassisme in Schweizer-Reneke geskreeu het? COPE vir Terror Lekota wat streeksparty is in Vrystaat?
    My stem is Wegblystem, want ongeveer 250 partye "veg" oor toepassing van ANC beleid ...

  • n Wegblystem is n stem vir die ANC. Gaan trek dus jou kruisie agter die naam van die party wie se waardes die naaste aan jou eie waardes is en onbeskaamd sal veg vir jou regte.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top