Hallo Varkspek
Daar is 'n ou gesegde wat sê dat reklame betaal. Om die manier is Zuma deur die kunstenaar dalk 'n guns gedoen; ek sal nie verbaas wees as hy nou huweliksaansoeke vir Afrika kry nie.
Dawid, aan die ander kant, sou geen huweliksaansoeke gekry het nie. Hy is deur die kunstenaar ontbloot of sal ek sê aan die kaak gestel deur hom te ontbloot. As Dawid nog hier rond was het hy beslis prosedeer, sou dalk nog die beeld beskadig en boonop vir Michaelangelo gemoer het.
Wat die galery betref stem ek saam met jou. Ek glo nie mens mag eers 'n foto van iemand publiseer sonder die persoon se toestemming nie so om onder die dekmantel van 'kuns' iemand se privaatheid te verkrag is krimineel. Baie skrywers, veral van die sestigers, het met die grootste twak weggekom omdat dit nou 'kuns' so wees.
Wat mens bring by wat kuns nou eintlik is, maar dit is 'n lang gesprek vir 'n ander dag.
Groetnis
Jan Rap

