Vir Varkspek oor slegte behandeling

  • 0

Hallo Varkspek

Jy sê amptenare het partymaal swartes baie sleg behandel en jy’s reg, ek het dit ook gesien. Dit was egter nie weens ’n beleid nie maar uit hoofde van die amptenaar se swak karakter; mens kry onbeskofte skobbejakke oral en diesulkes is dan natuurlik ’n, sê maar stereotiperende (dus onregverdige), klad op die naam van die groep waartoe hy behoort.

Dit is egter beleid van die huidige bestel om Afrikaans en dus Afrikaners te benadeel. Dit word regstellende aksie genoem en sou die onreg deur die eeue gepleeg herstel. Met dié nou dat die kerke en almal om verskoning gaan staan en vra het is die idee bevestig dat die wittes, moreel gesproke, in die skuld is. ’n Amptenaar van die huidige bestel hoef dus nie eers so swak karakter as sy eweknie van die vorige bedeling te hê om dieselfde graad van onbeskoftheid te handhaaf nie want hy’s die moer in; die kerke het hom dan verseker hy’s vir jare willens en wetens ingedoen. Kan mens hom kwalik neem?

En selfs vir die wat reken regstellende aksie is geregverdig – hoe lank moet dit aanhou? Moet die Afrikaner wat vir so-iets soos 18 jaar aan bewind was betaal vir eeue se gewaande onregverdigheid? Hoe lank moet kinders, wat niks met die vorige bestel te doen het nie, gestraf word oor die kerke besluit het hulle (die kerke nou) het drooggemaak?

Ek sien jy praat ook van " ... dis soos die apartheidsjare .." Soos die mislukte staat manifesteer – rou riool in die strate, kragtekort, korrupsie, gevaarlike polisie, amptenare wat reg in eie hande neem ens ens – word die vorige bedeling al hoe feller aangeval; gewetes moet gesus word, daar móét eenvoudig regverdiging vir die huidige gemors wees.

Soos die Engelse sê, look at the scoreboard and see the proof of the pudding. Buitendien, hierdie is toe nie ’n demokrasie nie; waar’t jy gesien dat, in ’n demokrasie, ’n staatshoof ’n vreemde taal met sy burgers praat?

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top