Vir Thomas oor sy kommentaar op 'Saamstaan'

  • 2

Dagsê Thomas. Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van 25 deser.

Jy reken dat as " ... Steve Hofmeyr aangewys gaan word as die grootste Afrikaner ooit sal dit darem nou water op die meul wees van daardie groepe wat die onsmaaklike karikatuur van die Afrikaner geskep het".   

Die waarheid is die karikatuur van die Afrikaner is die handwringende askiesvraende pateet wat ’n geweldige verleentheid, geskep deur sogenaamd liberale akademici, politici en aarti faartici (ek sê "sogenaamd" want hulle is in werklikheid uiterste bekrompenes; aan die neus gelei deur die pers [Beeld, Die Burger en Engelse koerante]). 

Hierdie beeld maak die Afrikaner veragtelik in die oë van die grootste deel van die bevolking want die verskonings, en strewe na kamtige versoening, kom nadat die bedeling verander het; hulle brandmerk die Afrikaner dus as ’n opperste huigelaar. Nou ís dit so dat niemand van huigelaars en verloorders hou nie; almal hou van wenners, veral die grootste deel van die bevolking.

Hierdie huigelaars is gevaarlik in dié opsig dat hulle wraak uitnooi. Aan die grootste deel van die bevolking sê hulle effektief dat hulle en hul ouers die swartes dekades lank al uitgebuit het maar hulle gaan nou ophou omdat hulle nie meer aan bewind is nie. Wie gaan dink aan vergifnis en versoening na so’n onthulling? 

Niemand nie; die logiese reaksie is woede en natuurlik wraak soos mens kan sien aan die wreedheid waarmee plaasmoorde gepleeg word. Buiten dit word daar in elk geval gepik op swakkelinge en getrap op mense wat gaan lê; dit maak seker die wraak soveel soeter (en jou wrintiewaar met die luukse van terugblik gaan staan die Hervormde Kerk en teken ook apologie aan kan jy glo; NADAT hulle die skade gesien het wat aangerig is deur die ander kerke en politici).

Steve Hofmeyr is genadiglik ’n bewys ons is nie almal so nie.

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Jan Rap

     
    Ek stem saam dat Steve Hofmeyr sekere goeie eienskappe het maar die grootste Afrikaner van alle tye - nie in 'n duisend jaar nie. So 'n aanwysing sou aanduidend wees van 'n volk met baie beskeie oordeel.
     
    Groetnis
    Thomas
  • Ja Thomas dit is bietjie van 'n tameletjie.  Hy is dalk die mees populêre Afrikaner van alle tye want ek dink dit is hoofsaaklik vanweë sy sterstatus dat hy soveel stemme kry.  As hulle die grootste (eker maar mees 'grootse' want ek dink Paultjie en Jimmy Abbott is van die grootstes) Afrikaner wil kies moet dit beslis in kategorieë wees soos digters, wetenskaplikes, politici ens ens.  Om 'n enkele een te kies kom neer op appels en pere vergelyk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top