Vir Thomas oor sy kommentaar aan Cornelius Henn

  • 2

Dagsê Thomas

Ek verwys na jou kommentaar onderaan Cornelius se 'Onopgevoede Afrikaners'.

Jy maan Cornelius dat hy nie moet toelaat " ... dat die Jan Rappe en die Thyse jou in hulle put van mismoedigheid insleep nie." Waarop baseer jy hierdie stelling van jou?

As ek of Thys of Cornelius in 'n put van mismoedigheid volgens jou sou wees, dan kon jy dit net afgelei het van die feit dat ons die huidige klaaglike toestand waarin die land hom bevind en dus daarmee saam die inwoners van die land, veral die Afrikaner met dié nou dat hy so afgejak word, jy weet, met die straatname wat verander, skole en universiteite wat verdwyn, boere wat vermoor word, die soort van ding.

Al wat jy dan moet doen is jou Christelike, oukei in jou geval morele, plig na te kom. Jy ondervind kennelik nie daardie mistroostigheid wat jy by ons merk nie en, al wat jy moet doen, is om ons te wys dat ons die kat aan die stert beet het; dit gaan nie so sleg nie.

Maar jy swyg soos die graf. So, óf jy wil nie die goeie nuus met ons deel nie, óf, gruwel der gruwels, jy sluit jou oë vir die vervalle toestand en slegte omstandighede, leef in ontkenning dus.

Groetnis

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Jan Rap

    Die situasie is Suid-Afrika is baie soos ’n krieketwedstryd. Die Afrikaner (net die wittes!) het vir 40 jaar lank gekolf. Ons is uitgeboul en ons moet nou ongelukkig veldwerk doen. Die son is warm en op die oomblik word daar elke nou-en-dan ’n liederlike ses of ’n vier teen ons aangeteken. Maar dis nie die einde van die wêreld nie. Deur knap veldwerk kan ons nog steeds die wedstryd wen. Ek sien oral geleenthede vir ’n stonkkans of vir ’n uithardloop terwyl jy sit en tob oor die hou wat jy op jou paaltjies getrek het.

    Ek lees elke dag ’n “swart” koerant en is kennelik opgewonde om te sien hoeveel denkende swart mense daar is wat saam met ons veldwerk doen. Die ANC is ’n patetiese regerende party en gaan nie regeer totdat Jesus weer kom nie. Doen jouself ’n guns en lees Mamphela Ramphele se nuwe boek Conversations with my sons and daughters, en jy sal besef dat die huidige bestel, net soos apartheid, nie gaan stand hou nie. Ons gaan hierdie wedstryd wen!

    Dis maar net ’n paar van die dinge wat my positief maak. Ek sal egter moet aandag gee aan daai hoofstuk anders sit ek saam met jou en gooi as oor my kop.

    Groetnis
    Thomas

  • CorneliusHenn

    Beste Jan, dis hartseer hoe moord en doodslag hul teiken bybly net tot die volgende "game op TV". Die Volk is regtig soos bokke wat een oomblik saam vlug voor ’n roofdier net om weer vreedsaam te graas die oomblik nadat een van die prooi geval het. Ek is eens met jou daarin dat ons nie daarin verval nie maar dat ons intuïsie minstens werksaam bly en sonder redenering byvoorbeeld die gevaar van die Calviniste se voete was oor Apartheid kan insien. Intussen kon niemand my nog inlig waar daar ’n norm vir Afrikaneropvoeding buite Calvinistiese-ideologieë bestaan nie. Boeregroete, Cornelius.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top