Vir Ran Doodt

  • 0

Hallo Ran

Ek lees met belangstelling wat jy vertel oor internasionale politiek en so aan; baie insiggewend maar jy gee nie altyd jou bronne nie. Nou wonder ek hoekom jy sê Zuma so ’n uitstekende president is. Dis nie dat ek dit wil weerlê nie; ek is net nuuskierig want die prestasie van enige individu word aan sy uitsette gemeet en uiteraard moet onder die uitsette van die president die welvaart en welsyn van die staat wees. Gaan dit goed met die staat?

’n Ander ding wat ek jou nog altyd wou vra is die keuse van jou skuilnaam. Dié skuilnaam sou jy nooit gehad het as daar nie ’n ou soos Dan Roodt was nie. Jy gee dus een of ander erkenning aan Dan Roodt (soos die Engelse sê, imitation is the sincerest form of flattery). Of is dit andersom; jy kies die omgekeerde van sy naam as ’n soort van ’n protes?

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top