Vir Panda

  • 0

Hallo Panda

Dankie vir die skakels na die baie interessante videos. Die een video wys die bane van beide die asteroïede en die aarde om die son. Die asteroïede se baan is meer ellipties as die van die aarde en as mens die meetkundige pad van die asteroïede om die aarde beskou lyk dit bisar maar dit is nie eintlik nie. Omdat die projeksies van die twee se bane mekaar sny lyk dit of die asteroïede om die aarde beweeg maar op ’n baie eienaardige manier. Mars, byvoorbeeld, se beweging ten opsigte van die aarde sal net so eienaardig lyk, net nie heeltemal so eienaardig nie want die bane is min of meer konsentries, sny dus nie.

Die ander video wys uit die staanspoor die meetkundige pad om die aarde en dit lyk baie deurmekaar. As dit nie vir die ander video was nie sou mens lank aan die storie kon werk voor mens hom sou uitpluis. Baie, baie interessant.

Groetnis

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top