Dagsê Panda
Nee ek besef ’n spiraal kan kloks- of antikloksgewys wees, hang net af vanaf watter rigting jy kyk. Ek wou net weet watter rigting draai die goed as mens van die aarde af kyk maar die het jy geantwoord. Nou wonder ek, as mens suidpool se kant toe kyk draai hulle andersom as die bo die noordpool of bly dit maar so 50-50?
Mens kan ook seker nie sê nie want die vlakke waarin die stelsels draai is seker ook random (as die Engelse “spoor” by ons leen kan ons “random” by hulle leen). Maar hoekom sou dit wees? As al die stelsels vanaf die oerknal se kant uitdy dan behoort die vlakke mos ’n soort van ’n radiale patroon te hê, of hoe?
Ek sluk ook moeilik aan die storie dat die maan gevorm is deurdat een of ander hemelliggaam met ’n botsing ’n stuk afgeslaan het wat toe uiteindelik die maan gevorm het – dit is dan darem baie toevallig dat die maan een keer om sy as roteer in presies dieselfde tyd wat hy om die aarde wentel.
Groetnis
Jan Rap

