Vir Oom Daan oor Adam en Eva se anatomie

  • 0

Maar Oom Daan, hoe kan jy nou so simpel wees? Natuurlik moes Adam en Eva geslagsorgane gehad het; wat anders sou hulle met vyeblare bedek het en hoe anders sou hulle kinders gekry het? Wat hulle wel NIE gehad het nie was naeltjies en Adam was ’n rib kort.

Terwyl ek nou met jou praat; ek sien op ’n stadium het jy gewonder oor die verskil tussen “goeie Christen” en “slegte Christen” (ek dink dit was jy, indien nie moenie verder lees nie).

Mens kry graadverskil in alles Oom Daan, jy kry goeie en minder goeie ingenieurs, tenore, naellopers, Boeddhiste, omtrent alles waaraan jy kan dink en so ook met Christene.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top