Namib
Jy noem hulle kokke , klerke en nog iets, ons het sommer gepraat van kokke , kakke en klerke,
Laat my dink aan in die 80s in PE. Ons het daar gewerk.
’n Benoude klompie polismanne het laat weet dat hulle omsingel is en gevrees vir hulle lewens. Ons het twee Buffels met ons mense gestuur om die polieste te gaan haal. Daai aand loop ek verby die kantien en hoor hoe van die polisiemanne daar vertel van hoe braaf hulle hulself uit die gemors gekry het. Jip dit was dan ook die manne wat so bang was dat hulle nie kon beweeg nie en ons troepe hulle na die Buffel toe moes dra.
Dieselfde het maar op die grens ook gebeur.
Die manne wat praat is gewoontlik die wat dinge gehoor het en nie gedoen het nie.
Maar ons moet leer om daaroor te praat en dit agter ons te sit.
Ek het.
Groete
Stefan

