Vir Lientjie Luwes oor Die Lang Generaal

  • 0

Jan-Jan is reg; die boek is ’n klomp twak. Ek het die boek ’n ruk terug gelees (gelukkig omtrent alles al vergeet) en is gelaat met dieselfde gevoel as wat ek van ou Russiese wetenskapfiksieflieks kry – die wêreld is leeg behalwe vir die paar karakters waarmee die hoofkarakter interaksie het, hetsy vriend of vyand. Die hele storie gee ’n geforseerde indruk, so al asof die ding in opdrag geskryf is, soos The Covenant van Michener.

Dit is maar net weer een van daardie stories om die gewetes te sus van die wat meegehelp het om die huidige gemors te bewerkstellig.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top