Gegroet "koos"
Laat ek jou gerusstel; Jaco stel nie belang in Praag se leserstal soos jy beweer nie, hy soek maar net weer ’n lat om Dan mee te slat. Wat natuurlik geen effek het nie; strooihalms werk nie. Buitendien, dis soos om vir Van Gogh te sê “Pê, jy's nie ’n goeie skilder nie, jy't net een koper.”
Ek lei af jy reken jy is onderlê in filosofie en geseën met intellektuele diepte en dié stel jou nou in staat om vanaf duiselingwekkend-hoë morele grond neer te kyk op die intellektuele pigmeë wat uitlap dat die keiser kaal is.
Maar nou ja, dit is te wagte; hoe vinniger die verval hoe luisterryker julle CV's.
Jan Rap

