"Vir jou, my baby" deur Ammie

  • 0

Vir jou, my baby

Ek skryf aan ’n liedjie waaroor ek nog altyd droom
Vir jou my baby …
Van bloedrooi aarbeie en spierwit room
Onthou jy nog my baby?
Tye in jou arms wil ek nou met almal deel
Die skelm soentjies wat ek nie kon ophou steel

Vir jou my baby,
Kan jy nog onthou?

Waarom moes dit eindig?
Daar is soveel berou
My baby …

Ek het al byna vergeet hoe lekker dit was
Gevoelens wat later ontaard het in ’n las

Soveel seer, my baby
Soos ek die woorde skryf, sien ek jou nou
Ek onthou soos gister, hoekom het ek van jou gehou
My baby, net vir jou my baby

Is dit net ek wat onthou?
My hele hart het ek aan jou toe vertrou
Waarom moes dit eindig?

Ek en jy, my baby
Ek wens vandag ons kon elke oomblik behou
Ons het mekaar gesteun en saam op liefde vertrou
Net ons twee saam, my baby

Saam het ons geleer hoe om die lewe te geniet
Hoekom onthou ek dan net die seer en verdriet?
My baby,

Hoekom hardloop jy nou van alles af weg?
Is dit omdat jy nie vir ons geluk wou veg?
Elke onthou-oomblik saam
Opreg in sy eie  fotoraam

Vir jou my baby
Kan jy ook ons tye saam onthou?
Wil jy vergeet en het jy enige berou?
Ek en jy, my baby

Elke oomblik saam, wil hê jy moet onthou
Sonder om kwaad te word en sonder enige berou
Slegte dinge gebeur met goeie mense
Vrede en geluk vir jou, my enigste wense

Vir jou my baby,  vir altyd my baby

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top