Vir Jou
My toekoms lê uitgestrek onder my
ek sien ons in jou oë
En fantasie verloor teen waarheid
al is dit moeilik om te glo
En dertig winters later
lê oneindig somers voor
En skielik raak dit duidelik
waar presies ek hoort
Jy by my
Jy by my
En die tye mag verander
maar die gevoel vir jou sal bly
Was nog altyd iets verlore
en nou weet ek dit was jy
Jy by my
Jy by my
En al sou die tyd dan nader
om in jou arms heen te gaan
Met 'n smile op my gesig
en my hart in 'n gedig
kan hul langs ons graf kom staan
En dit sal lees "Hul lewe was 'n reënbui
en hul liefde 'n sambreel
Hul was twee halwe mense
maar saam was hul 'n heel"
Jy by my
Jy by my
Ek en jy
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


