Jou opmerking (29 September) onder aan my brief van 25 September aan die godsdienspraktisyns verwys. Jammer ek reageer nou eers daarop, ek het dit nou eers gesien.
Jy het gelyk, mens moet beslis meer genuanseerd oor die oorsake van plaasmoorde dink. Die huidige denkrigting, soos ook voorgehou deur Johan Burger, is dat dit hoofsaaklik gewone misdaad is. Die onmenslike wreedheid daarvan word dan, tussen die lyne, voor die deur van die vermoorde plaasboer gelê; hy sou sy werkers onregverdig behandel het. Waar hierdie regverdiging ooglopend onwaar is, word op een of ander mistieke oorsaak geskimp; niemand sou nou eintlik seker wees oor wat dit is nie. Hierdie siening is NIE genuanseerd nie en voldoen beslis nie aan die toets van wetenskaplikheid of empiriese waarneming nie.
Die meer genuanseerde siening van die saak staar ons in die gesig: Dit is onverbloemde haat en wraak omdat, volgens die oortreders, dit ’n uitgemaakte saak is dat hulle deur blankes vir bykans 400 jaar al uitgebuit en onderdruk is. En die saak is uitgemaak omdat die blankes dit erken deur die gedurige verskonings, want wie vra nou om verskoning as hy nie skuldig is nie.
Jan Rap

