Hallo Jaco
Ek sien jy raak nou redelik opgewerk, begin adhominem-ies raak, vertel vir Duitswester jy’s nie bereid om met ’fanatici te redekawel nie’, praat van ’ons heer Jan’ en die ’mannetjie’ (ek het juis daaraan gedink om my kind Gottlieb Antonie noem toe ek so daar onder in die vlei gestap het). Dis goed so, as ’n ou die man in plaas van die bal begin speel is dit so goed as ’n erkenning dat hy besig is om te verloor.
Jy sê ek baklei met "mede-Afrikaners" eerder as met die "Afrikanervyand", die ANC. Jy yl ou swaer, is byvoorbeeld die uitwys van die verbrokkelende infrastruktuur en die aandag vestig op plaasmoorde ’n aanval op my volksgenote? Waar ek wel sê die Afrikaner is slapgat is wanneer hy sy taal verwaarloos, ’n siek gedienstigheid openbaar deur Engels te omarm. Duidelik, as jy jou kop gebruik, is dit gemik op dié wat dit wel doen want goddank daar is nog die wat dit nie doen nie (soos onder andere Dan Roodt, Anton Barnard en Steve Hofmeyr om nou maar drie van die mees prominentes te noem).
Laat ek dit wéér sê: Ek het niks teen Engels nie, ek het dit teen die Afrikaners wat ywerig meedoen met die opgang van Engels ten koste van Afrikaans.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Gaap! Ho Hum! Mmmm!
Jaco Fourie