Vir Jaco oor sy bevryding

  • 0

Dagsê Jaco

Jou 'bevrydings'briefie van gister verwys.

Jy sal beter moet verduidelik. 

Jy reken ' ... ons het Afrikaners wat ...' wil hê hulle kinders moet na Afrikaanse skole toe gaan, wat Afrikaanse name vir hulle kinders wil gee, wat 'n sekere haarstyl moet hê (?? – absurd, waar kom jy daaraan?), wat die taal puristies moet praat en skryf ens ens.  Gelukkig is hulle in die minderheid want, reken jy, die Afrikaner is nou bevry.  

In dieselfde asem noem jy Zuma wat sy mense se kultuur teen Westerse invloed wil beskerm.  Hy is dus by implikasie nie bevry nie as mens nou na jou redenasie ten opsigte van die Afrikaner kyk.  En tog sê jou opskrif 'Die bevryding van die swartman en die Afrikaner, my skuinsskrif.

Die Engelse is ook nie bevry nie want hulle stuur hulle kinders na Engelse skole toe en hulle praat en skryf hulle taal puristies.  Nou wat nou; wat geld vir die een (Afrikaner) moet mos geld vir die ander (swartman en Engelsman) ook, of hoe?  Crazy mixed up kid.

Net 'n laaste opmerking:  Jy reken vandag is jy werklik vry maar jy is verplig om meeste van jou besigheid in Engels te doen, jou Afrikaanse straat- en plekname verdwyn elke dag al hoe meer, jou Afrikaanse universiteite is weg en jou mense word met eentonige reëlmaat op plase vermoor.  Jou kompleks of huis waar jy bly is omring met mure en/of doringdraad, jy kan nie vrylik in voorstede beweeg nie vanweë die valhekke, jy betaal al hoe meer belasting vir al hoe minder dienste en as jy 'n blou lig sien weet jy nie of die polisie jou nou kom beroof nie.  Jou elektrisiteitskoste styg jaar na jaar en jou vervoer- en instandhoudingskostes styg buitensporig vanweë die swak en onveilige toestand van die paaie maar jy sê nou voel jy werklik vry.   Jy is 'n oorheerser se droom!

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top