Jaco, jy sê ek verwys 'neerhalend' na die Afrikaans wat die bruines in die Kaap praat as 'Kaaps'. Dit is nie so nie (dat dit nou neerhalend is bedoel ek) want ek het die word by Adam Small gekry.
Jan Rap
2Jaco, jy sê ek verwys 'neerhalend' na die Afrikaans wat die bruines in die Kaap praat as 'Kaaps'. Dit is nie so nie (dat dit nou neerhalend is bedoel ek) want ek het die word by Adam Small gekry.
Jan Rap
2
Kommentaar
Liewe Hert Jan
Jy raak nou wraggies oorsensitief. Wat laat jou dink vir een oomblik ek het aan jou gedink? Ek verkeer ook om met ander gekkegrens-Afrikaners als net hulle wat hier op SêNet plak, selfs van hulle onder my Vrystaatse plaasboer-kliënte. Jy verwys seker na my volgende aan Leonie geskryf: "Binne hierdie inklusiwiteit kan volksstaters hulle eie heil met volksstaat of kantons probeer uitwerk. Bruines hulle kultuur nastreef, wat deur seker blankes neerhalend as 'Kaaps' getipieer word." Om die waarheid te sê, het jy oor Kaaps gepraat, het dit nie in my kop vasgesteek nie, anders sou ek spesifiek na jou ook verwys het. Ek kan ook nie onthou of Thys enigsins na so iets ook verwys het nie, maar ek gaan wrintigwaar nie deur al onlangse response lees om dit te bepaal al dan nie.
Wees rustig ou
Jaco Fourie
Ek skryf weer, want ek is onseker of my vorige respons deurgegaan het, want net toe ek “send” druk, het my komper doodgegaan. Ek sê altyd vir myself ek moet eerder eers op “word”, soos nou, tik en dan na LitNet copy-paste, dan verloor ek nie wat ek oorspronklik geskryf het nie.
Jan.
Jy is oorsensitief. Ek het jou hoegenaamd nie eers in gedagte gehad toe ek die volgende aan Leonie geskryf het nie: “Binne hierdie inklusiwiteit kan volksstaters hulle eie heil met volksstaat of kantons probeer uitwerk. Bruines hulle KULTUUR nastreef, wat deur seker blankes neerhalend as “Kaaps” getipieer word.”
Eerstens het ek na hul KULTUUR as “Kaaps” verwys en nie na taal nie, want ek is van mening dat Bruines dieselfde taal as blankes deel, maar het ’n unieke kultuur, indien nie ’n sub-kultuur van hulle eie wat besig is om bewustelik gestalte te neem. Tweedens het ek in gedagte gehad, spesifieke mense met wie ek verkeer buite SêNet se raamwerk, mense wat wel neerhalend teenoor bruines uiting gee. Ek kan wraggies nie onthou of jy, Thys of enigiemand anders hier op SêNet enigsins in daardie rigting gepraat het nie, en ek gaan sowaar nie die moeite doen om response terugwerkend te lees of dit so is al dan nie.
Wees rustig ou
Jaco Fourie