Vir Jaco oor die groot golwe

  • 0

Dagsê Jaco

 

Jy sê dat ek " ... nie weet nie, dan in dieselfde asem dat (Dan) ontsettend baie ... gedoen het. ’n Contradiction in terms." Nee Jaco, dit is nie ’n contradiction in terms nie; jou vraag was "wat het Rooi Daantjie enigiets vir die Afrikaner ooit gedoen, wat AfriForum nie BETER GEDOEN het nie" (my hoofletters) en my antwoord daarop was "ek weet nie maar ...". Ek hoop maar hierdie was ’n glipsie aan jou kant anders is dit nou regtig ’n gegryp na strooihalms.

Jy's eienaardig Jaco; jy lys ’n klomp persone en instansies wat goeie dinge vir die Afrikaner doen – wonderlike nuus! Ek het van baie van hulle nie eers geweet nie – en jy wil by my weet wat Dan Roodt beter as hulle doen anders, lyk dit my, gaan jy vir hom wat Dan is bly minag, of bly kwaad wees, of so-iets. Hoe wil jy in elk geval dit gekwantifiseer hê? En sou mens dit kon kwantifiseer, gaan jy vir Flip Buys kwaad wees as jy uitvind hy doen minder as, sê, Willie Spies, of Dames Dinamiek minag as hulle ’n kleiner bydrae as, sê Vroue in Aksie, maak?

Die antwoord is natuurlik "natuurlik nie". So hoekom is jy nou vies vir Dan omdat hy nie beter as enige van hierdie volgens jou doen nie? Buitendien, hoekom vra jy my wat hy beter presteer as enige van die genoemdes? Jý weet mos, dié wat jy so neerhalend is (hoe jy dit kwantifiseer weet nugter) en ek wou maar net weet hoekom, iets wat jy nog steeds nie geantwoord het nie.

Jy vra ook hoekom gooi Dan nie sy gewig by al hierdie organisasies in nie. Weer eens, ek weet nie, ek weet nie eers of daar so ’n oorkoepelende organisasie is nie maar maak dit saak? Is, byvoorbeeld, die verfraaiing van my sypaadjie ongewens as ek nie lid is van, sê, die Sandtonsypaadjieverfraaiingsorganisasie is nie?

Nou ja, tot sover dan.

Jan Rap 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top