Gegroet ou Jaco ou vrind
Jy verkneukel jouself oor Williams so ’n klein rakker volgens jou sou wees. Hy's tog te oulik en “... speel kat en muis met elkeen se troetelonderwerp (een woord Jaco!) hier ...” Jy sê jy reageer nie op wat hy skryf nie want jy vat hom nie ernstig op nie. Hy praat dus twak volgens jou.
In ’n mate is jy reg oor die feit dat hy ’n tipiese Afrikaner is, die slapgat soort wat deesdae, skyn dit my, in die meerderheid is: Hy is in die verleentheid as iemand iets goeds oor die Afrikaner sê, hy is gedienstig teenoor Engels – leer selfs die taal vir Sjinesies en het al erken dat daar tye was wat hy te skaam was om Afrikaans in die openbaar te praat. Hy sal dus nie gepla wees oor Afrikaans hier so aan die agtertiet suig nie en as hy eendag kinders het (AS, want ek twyfel of enige van daardie anoreksiese poppies waarmee hy omgaan ooit sal vat) sal hy hulle in ’n Engelse skool sit.
Aan die ander kant nou weer is jy hoogs ontstig as Dan Roodt iets sê. Hy is dus NIE volgens jou ’n oulike klein rakker soos Williams wat sit en twak praat net om mense die harnas in te jaag nie want hy konstateer feite. Ek vra weer, hoekom maak hierdie feite jou so kwaad? Is jy ook een van die wat in die verleentheid is as daar Afrikaners is wat golfies maak?
Laat maar weet en groetnis
Jan Rap

