Vir Heiden en Chris Dippenaar oor die horlosie

  • 0

Heiden, niks fout met jou iteratiewe metode nie; jy het net te vroeg opgehou. ’n Ander manier, soos ek reeds in die kommentaar onderaan een van die briewe verduidelik het, is dat dit elf keer gebeur in ’n uur dat die wysers in dieselfde posisie (afstand vanaf die 12) is. Dus, die eerste sodanige posisie is een elfde van 60 minute, wat 5.45 repeterend minute gee.

Jou gevolgtrekking dat dit vir jou lyk of die ding nooit gaan end kry nie is presies wat ek bedoel met peiltrek op jou eie redenasievermoë: Met jou "vrye wil"-storie kom jy tot ’n gevolgtrekking waarmee jy tevrede terwyl daar nog baie, baie aspekte verbonde is wat jy nie oorweeg het nie.

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top