Wat jy ook al drink akkordeer kennelik nie met jou nie. Slaan oor Olof Bergh toe of skryf voor jy flesvat.
Byvoorbeeld:
Jy sê ek is “die grootste slapgat” omdat ek onder ’n skuilnaam ander “aanval en beledig”. Ek gee nie om dat jy my as ’n slapgat uitkryt nie want jou rede, naamlik die gebruik van ’n skuilnaam, hou nie water nie. Die “aanval en beledig” is waarteen ek dit het. Skryf nou, voor jy begin suip, vir my en haal aan waar ek ander aangeval en beledig het. Hou net in gedagte dat “retaliasie” en “aanval” twee verskillende goed is.
Jy sê " Dit omdat jy moedertaal van jou ma, uit ’n katolieke kloosterskool, geleer het." Wat de fok!? Val ek mense aan volgens jou omdat my ma in ’n kloosterskool was? Jy kan bly wees jou vrou het nie jou brief gesien voor jy hom gepos het nie; sy sou jou aangeval en beledig het.
Wie is die taalvaders van die 1920's? Vir jou inligting, teen 1920 was die oorspronklike taalvaders se agterkleinkinders al die wêreld vol, waarskynlik self al ouers van die taalvaders se agter-agterkleinkinders.
Hoekom praat jy van “suiwer Afrikaans” asof ek nou ’n taalkundige sou wees? Ek het al male sonder tal gesê ek het dit teen die heksejag op Afrikaans, die feit dat Afrikaans afgejak word en, lees nou mooi, die wat dit gelate aanvaar is slapgat. Ek het niks teen Engels nie (om die waarheid te sê al elf my boeke is Engels) maar wel teen Engfrikaans en die gebruik van Engelse vaktaal en terme want dit is een van die aanduiders dat Afrikaans agteruitgaan.
Laat ek weer dit anders vir jou stel: As jy rondgefok word en dit toelaat is jy ’n slapgat, hoe anders? Of dit nou ten opsigte is van jou taal, of deur jou vrou/man, of deur die onderwyser, die dominee, jou kinders, jou baas, die hond, maak nie saak wat nie. Jy kan nie sê ek sê "mense is slapgat" nie want ek doen dit nie; ek sê mense wat toelaat dat hulle goed vertrap word, hetsy taal, gesin, oortuigings, oriëntasie, kar, gereedskap, familie, beeste, groentetuin, nering, wat ook al, is slapgat.
As die skoen jou pas trek hom aan, of, as jy voel dit is NIE slapgat om maar te aanvaar dat jy rondgefok word nie, of as jy voel die afskaal en uitskuif van Afrikaans is nie rondfok nie, gee dan jou redes; dalk gee jy my inligting wat ek nie gehad het nie en ek stem dalk saam met jou. Maar, deur te gaan sit en allerhande onsamehangende aantygings maak bereik jy niks, jy bevestig dan eintlik net dat die skoen pas.
Het iemand sy sielkundelesings by jou vergeet want jy hou aan met hierdie "oorkontrolerende persoonlikheid". Waar kom jy daaraan? Haal ook aan waar ek "kwets en trap" dat ek verskoning kan vra indien dit so is. Laat weet ook wat vir jou aandui dat ek "self nie veel kan vat nie" anders is dit maar net weer ’n duimsuig. Vra ook vir Maggie om my naam aan jou te stuur.
Jan Rap

