Vir Hans Richardt oor sy "produktiewe" brief

  • 0

Dag Hans

Wat probeer jy nou eintlik sê? Wat die metaan betref, jy mag reg wees. Wys my 'seblief net waar en wanneer dat ek kan apologie aanteken en regstel. Of praat jy maar net weer omdat praat praat is?

In ’n sekere opsig is die beestemetafoor wat jy gebruik het in die kol: Daar ís die wat die wa deur die drif trek en dan díe wat net lê en aanteel en gevoer moet word.

As jy nou weer vir my wil skryf praat liewer oor baalkonstruksie of dagga of iets maar los die taalstories uit want wat dit betref praat jy amper net soveel twak soos prof De Vos en Wouter.

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top