Vir Hans Richardt oor my herkoms

  • 0

Jy vra my vrae en as ek jou antwoord, skiet jy af teen ’n tangent en praat oor iets heeltemal anders. Jy lees, met ander woorde jou begrip, is soos jy redeneer Hans, soos jou gat.

Ek het jou vertel my ma is van Skotse afkoms maar dat, teen die tyd dat haar mense in 1820 hier aangekom het, die Engelse alreeds die Skotte se taal versmoor het; hulle het nie meer Gaelic gepraat nie maar Engels. Ek sê weer, haar voorouers was Skotte daar is dus beslis nie sprake van Engelse gene nie.

Nie dat ek iets teen Engelse gene het nie; dit lyk mos al so half vir my of die Afrikaners met bietjie Engelse bloed baie hardegatter as die is met Hollandse of Vlaamse bloed. Eersgenoemdes is gedurig in die moeilikheid oor hulle beswaar maak teen die begunstiging van Engels ten koste van Afrikaans terwyl laasgenoemdes 'met die tyd beweeg' en tog te gretig is om Engels te omhels, sit selfs hulle kinders in Engelse skole.

Hulle, laasgenoemdes, is die ouens wat jou sulke twak vertel soos dat Afrikaans nie tegniese terme het nie, dat ons maar moet verlief neem dat ons skole en hoër onderwysinstansies Engels word, die soort van ding. Hoe anders verklaar jy dat Engels toe 'n wêreldtaal geword het terwyl, in Nederland hoor ek, word die universiteite ook nou Engels. Wat 'n skande, wat 'n verleentheid.

Hoe dit ookal sy, my ma is van Skotse afkoms, nie Engelse nie. Indien ek vir jou gesê het dat my oupa, haar pa, aan Boerekant geveg het is dit verkeerd gestel. My oupa was 'n Boer van Skotse afkoms en die Boere was in 'n oorlog met die Britte gewikkel. Saam met my oupa was Boere van Duitse, Franse, Ierse en hopelik Hollandse afkoms. Net vir die interessantheid, daar was 'n Rus op kommando saam met hulle.

My pa se mense kon ek terugspoor tot hier in die vroeë 1600's in Haarlem, my pa se ma-hulle kom uit Ierland, my ma se pa-hulle uit Skotland soos ek jou gesê het en haar ma se mense kom van Frankryk. Hierdie is maar tipies vir die meeste van ons en al hierdie immigrasie het jare gelede gebeur; teen die tyd wat die oorlog teen die Britte uitgebreek het was almal al lankal Boere.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top