Hallo Hans,
Jou briefie is so kort ek herhaal hom maar net so; maak die gee van antwoorde op jou vrae en kommentaar op jou stellings makliker. Jou brief in kursief vir makliker lees.
Jy staan 'n tipe Amish-tuisland voor, waar almal 'kultuur' en 'sub-kultuur' van suip, braai, potjiekos en saam pomp beoefen in Afrikaans?
Nee.
Jou Amish-kultuur sal dan almal 'n 4x4 Suv op teerpaaie ry en by kettingwinkels uithang en koop, net in Afrikaans?
Nie van toepassing nie omdat ek 'nee' op vorige vraag geantwoord het. Terloops, die Amish maak nie gebruik van motors nie; hulle maak van kapkarre en waens gebruik.
Ek verstaan nooit hoe mense ’n tuisland sonder 'n openbare maatskappy kan begin nie. Selfs moderne ghetto-veiligheidskomplekse begin as 'n openbare maatskappy.
Nog nooit so daaraan gedink nie. Vertel my meer.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Wel, Jan Rap, Amish gebruik wel moderne voertuie, solank hul dit nie besit nie.
Orania is 'n maatskappy, "body corporate"-regering.
Ek sal nie in Orania wil bly nie, selfs nie Johannesburg of Pretoria nie. Ek het my persoonlike redes wat ander nie aangaan nie. Solank mense in Orania, Johannesburg en Pretoria gelukkig is en graag daar wil bly, wat de duiwel gaan dit ander aan? Ook hoe hulle hulle gemeenskap inrig en reël gaan ander wat nie daar wil bly, ook nie aan nie.
In elk geval, hoekom Orania uitsonder vir kritiek? Die mense wat daar bly, is produktief, die gemeenskap brei uit, is nie 'n las vir die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap nie en is wetsgehoorsame burgers.